Wees eksamen gereed in 6 sessies

Jou Fisiese Wetenskappe Onderskeiding is Onvermydelik met Doc Scientia se Meestersklas

Waarde = R 4 080

Skryf vandag in 
vir slegs R1 800!

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetuer adipiscing elit, sed diam nonummy nibh euismod tincidunt ut laoreet dolore magna aliquam erat volutpat.

Inskywings sluit 6 Oktober 2023

The Masterclass is also available in English

Gereed om daai A-simbool op jou rapport te sien?

Is jy gefrustreerd omdat jy altyd ’n B kry? Maak nie saak hoe hard jy werk nie, jy mis altyd uit op jou 80%.
Voel jy onseker oor die eindeksamen? Al het jy reeds ’n onderskeiding is jy nog steeds op jou senuwees. Jy wil verseker jou onderskeiding kry.
Voel jy die druk om te presteer? Om by jou eerste keuse universiteit in te kom en jou droomkursus te begin maal gedurig in jou onderbewussyn rond.
Is jy gestres dat jy nie die punte gaan kry waarvoor jy so hard werk nie? Jy sit alles in. Dan is daar nog steeds elke keer ’n vraag wat nie jy nie weet hoe om te beantwoord nie.
Wens jy vir nog ’n paar uur saam met ’n onderwyser voor jou eksamen? Iemand wat jou kan wys hoe om die moeilike vrae te benader.

Jip. Ons verstaan hoe jy voel.


Dit is moeilik om vir ’n eindeksamen in Fisiese Wetenskappe voor te berei. Maar jy hoef nie slapelose nagte daaroor te hê nie.
Al wat jy nodig het is ’n Fisiese Wetenskappe Meestersklas wat…
  • Fokus op die tawwe vrae. Vrae wat jou uitdaag. Vrae wat jou sal laat uitstyg.

  • Gevul is met ander wat soos jy dink. Ander Graad 12’s wat op dieselfde vlak is as jy en wat ook vir onderskeidings werk.

  • Nie jou tyd mors met basiese teorie of maklike probleme nie. Jy het daai al onder die knie.

  • Jou voorberei vir enigiets wat die eindeksamen vir jou kan inhou.

Ons stel bekend:

Die Doc Scientia Meestersklas Aangebied deur 

Santie du Plessis

Doc Scientia is sedert 2009 die uitgewer van Fisiese Wetenskappe leermateriaal.

  • Ons hulpbronne word deur honderde skole regoor Suid-Afrika gebruik.
  • Duisende skoliere, ouers en onderwysers besoek jaarliks ons webblad om ons hulpbronne af te laai.
  • Ons het al verskeie werkswinkels vir onderwysers aangebied om hulle te help met hulle aanbiedings in die klaskamer.
  • Ons Meestersklas word al sedert 2020 aangebied. Ons het talle ander leerders nes jy gehelp om eindeksamen gereed te wees.


Santie du Plessis is die hoofskrywer van al Doc Scientia se Fisiese Wetenskappe materiaal.

  • Sy het meer as 20 jaar se ondervinding as onderwyser, seniormerker en eksaminator.
  • Sy het een van die mees gerespekteerde name in Fisiese Wetenskappe.
  • As ’n bekwame eksaminator het sy eerstehandse ervaring met algemene foute wat Graad 12’s in hulle eindeksamen maak.


Lees meer oor Santie du Plessis hieronder.

Waarde = R 4 080

Skryf nou in
vir slegs R1 800!

Wat hou dit vir jou in?

Lewendige Zoom Sessies

  • Woon interaktiewe sessies by.
  • Geleentheid om vrae te vra oor dit waarmee jy sukkel.
  • Bou jou selfvertroue in elke afdeling van die vak.
  • Woon dit by uit die gemak van jou eie huis.

Werkboeke

  • Vooraf toegang tot die werkboeke.
  • Laat jou toe om voor te berei. Kry jou vrae gereed vir elke sessie.

Opnames van die Sessies

  • Kyk die sessie weer op ’n tyd wat jou pas.
  • Verfris jou geheue.
  • Werk deur die materiaal sonder die tydfaktor.
  • ’n Goeie plan B indien jou Wi-Fi nie werk nie, of as ESKOM jou in die steek laat.

Kundige Onderwyser & Eksaminator

  • Stap-vir-stap leiding oor hoe jy elke vraag moet benader.
  • Leer hoe om die moeilikste vrae te analiseer.
  • Bobaas advies oor algemene foute wat Graad 12’s maak, en hoe om dit te vermy.

Uitdagende Vrae

  • Slyp jou vermoë om probleme op te los.
  • Benut jou tyd optimaal.
  • Kry die punte waarvoor jy so hard werk.
  • Pak die eksamen aan met selfvertroue.
  • Sien die vangplekke raak.

Beperkte Plekke

  • Geen oorvol sessie waar jy net ’n nommer is nie.
  • Kry kans om deel te neem.

Getuigskrif

“Deur een van die mees stresvolste tye van my lewe was die klas werklik daai bietjie ekstra hoop en hulp wat ek nodig gehad het in matriek fisika. Ek het die klasse as ongelooflik goed voorbereid, professioneel, interaktief en bemoedigend ervaar. Dit het van die werk net op ’n ander manier verduidelik en my insig gegee oor somme wat net so bietjie moeiliker was sonder om my moedeloos te maak. Ek is bly om te kan se ek’t my onderskeidings gekry waarvoor ek gewerk het en baie daarvan is te danke aan die geduldige meesterklas aanbieder en notas.”

Dieuné Mostert - Hoërskool Brits

Wat? Wanneer? Waar?

SKEDULE VIR MEESTERSKLASSE

 SESSIE 1 

Dinsdag, 10 Oktober 2023

Organiese Chemie

14:30–16:30

 SESSIE 2 

Woensdag, 11 Oktober 2023

Tempo van Reaksies, Ewewigreaksies 

14:30–16:30

 SESSIE 3 

Donderdag, 12 Oktober 2023

Sure & Basisse, Elektrochemiese Selle

14:30–16:30

 SESSIE 4 

Dinsdag, 17 Oktober 2023

Elektrostatika en stroomelektrisiteit

14:30–16:30

 SESSIE 5 

Woensdag, 18 Oktober 2023

Meganika

14:30–16:30

 SESSIE 6 

Donderdag, 19 Oktober 2023

Elektromagnetisme; fotoëlektriese effek Doppler effek

14:30–16:30

Ekstra lesse met ’n onderwyser van Santie se kaliber kan maklik tot R300 per uur kos. Dit sluit nie eers die werkboeke en opnames in nie!

Die werkboek het ’n waarde van tot R80.


Dus het die Meestersklas ’n waarde van:

R600 x 6 sessies van 2 ure elk = R3 600

R80 x 6 werkboeke = R480

Totaal = R4 080


SJOE! Daai is baie geld!


Maar ons wil graag hê jy moet die resultate kry wat jy verdien!


Daarom kry jy ’n sessie van 2 ure teen slegs R450.


Jy spaar R230 per sessie.


En jy kan nog meer spaar wanneer jy vir al 6 sessies aansluit.


Hier is jou opsies:

 Enkele sessies: 

R450 per sessie

Wat jy kry:

  • Meer as R600 se waarde per sessie
  • Werkboeke vir elke sessie waarvoor jy aansluit.
  • Opnames van elke sessie waarvoor jy aansluit.
 Enkele afdeling: 

Kies tussen Fisika of Chemie vir slegs R1 200

Wat jy kry:

  • 3 sessies van Fisika of 3 sessies van Chemie
  • Meer as R1 800 se waarde.
  • Werkboeke vir al 3 sessies
  • Opnames vir al 3 sessies
  • Jy spaar 10%.
 Volle Meestersklas:  

Al 6 sessies vir slegs

R1 800

Wat jy kry:

  • Meer as R4 000 se waarde
  • Werkboeke vir al 6 sessies
  • Opnames van al 6 sessies
  • Jy spaar 33%.

’n Bietjie Meer Oor Santie du Plessis

Santie du Plessis is ’n kundige onderwyser met meer as twee dekades se ondervinding. Sy was van die begin af deel van die Doc Scientia-span. Haar toewyding tot die vakgebied van Fisika en Chemie het daartoe gelei dat sy hoofskrywer van meer as 10 verskillende Hand- en Werkboeke is. Hierdie hulpbronne is alreeds deur honderde skole regoor Suid-Afrika gebruik.


Haar naam word gelykgestel aan uitnemendheid in die veld van Fisiese Wetenskappe. Vir etlike jare het sy die posisies van merker en senior merker by die Graad 12 eindeksamen in Gauteng beklee. Selfs daar het haar uitnemende insig en vaardighede uitgestaan. Sy was vinnig bevorder tot hoofmerker in Gauteng – ’n posisie wat sy vir 8 jaar beklee het.


As ’n meester van haar vakgebied geniet Santie dit om haar wysheid te deel en ander mense te help om te verbeter. Dis nie net skoliere wat al by Santie se talent in onderrig gebaat het nie. Onderwysers in soveel as 6 provinsies is al bevoordeel deur werkswinkels wat sy aangebied het.


Kan jy aan iemand beter dink om jou te help voorberei vir jou eksamen?

Enkele sessies: R450 elk

Wat jy kry:

  • Meer as R600 se waarde per sessie
  • Werkboeke vir elke sessie waarvoor jy aansluit.
  • Opnames van elke sessie waarvoor jy aansluit.

10 Oct. – 14:30–16:30

Organiese Chemie

11 Oct. – 14:30–16:30

Tempo van Reaksies, Ewewigreaksies

12 Oct. – 14:30–16:30

Sure & Basisse, Elektrochemiese Selle

17 Oct. – 14:30–16:30

Elektrostatika en stroomelektrisiteit

18 Oct. – 14:30–16:30

Meganika

19 Oct. – 14:30–16:30

Elektromagnetisme; fotoëlektriese effek Doppler effek

Wat Sê Ons Kliënte?

"Doc Scientia is fantasties en dit is die beste handboeke wat ek ooit gebruik het."

Muhammed Mustafa - Graad 12 2016

"Julle materiaal het ’n massiewe positiewe invloed gehad op die 2018 NW NSC resultate vir Fisiese Wetenskappe. Verlede jaar (2018) het ons ’n algehele slaag % van 78,6% geregistreer en ’n gemiddeld van 42,58% vir die eerste keer."

Sophy Mangope - NW Departement van Onderwys

"Dit is wonderlik om iemand te vind wat die ekstra myl sal loop om diens te verskaf wat selfs bo die normale verwagting is."

Kim Lowe - Rietfontein High School

"Baie dankie vir uitstekende werkboeke, oefenboeke hulp en raad."

Ina Bosman - Afrikaans Hoër Meisieskool

"Die diens is uitstekend, al hulle produkte is van ’n baie hoë gehalte. Dit is net ’n plesier om met hulle personeel te doen te hê."

Thea Theron - Bracken High School

FAQ

1. Hoe werk die Meestersklas?

Daar is 6 sessies wat oor ’n tydperk van 2 weke aangebied word. Elke sessie is 2 ure lank.


Elke sessie het sy eie werkboek. Die werkboek sal via e-pos gestuur word nadat jy aangesluit en betaal het.



30 minute voor elke sessie begin sal jy ’n skakel via e-pos ontvang. Dit sal jou toelaat om die sessie by te woon.

Tydens die interaktiewe sessie sal Santie du Plessis saam met jou deur die werkboek werk. Sy sal jou wys hoe om elke onderwerp te benader. Daar sal kans wees vir jou om vrae te vra en jou kennis te verskerp.


Die opname sal die dag na die sessie via e-pos vir jou gestuur word.

2. Vir wie is die Meestersklas?

Die Meestersklas is vir enige Graad 12-leerder wat Fisiese Wetenskappe het en wat werk vir ’n onderskeiding in die vak.  

Sessies word in Afrikaans en Engels aangebied.


3. Sal ek my skakel met ander mense kan deel?

Elke skakel sal slegs vir een toestel toegang bied. Dus sal jy nie jou skakel met iemand anders kan deel nie.

4. Kan enigiemand vir die Meestersklas inskryf?

Die Meestersklas is ontwerp vir sterk akademiese skoliere wat mik vir onderskeidings in Fisiese Wetenskappe.


Ons diskrimineer egter teen niemand nie. Enigeen is welkom. Maar die klem word slegs op moeilike vrae gelê. Geen basiese teorie of vrae sal gedek word nie.

5. Hoe betaal ek?

Jy kan aanlyn betaal met jou Visa of Mastercard deur Payfast.

Ongemaklik daarmee om aanlyn te betaal?

Geen probleem nie. Kontak ons by info@docscientia.co.za sodat ons vir jou ’n faktuur kan stuur. Jy kan die faktuur via EFT betaal.

Jou plek word slegs gehou nadat jou betaling ontvang is.

6. Wat gebeur nadat ek betaal het?

Jy sal ’n bewys van betaling ontvang.

Werksboeke vir elke sessie sal ’n week voor die Meestersklas per e-pos vir jou gestuur word. Dit sal jou help om solank vir elke sessie voor te berei.

7. Wat is die datums en tye van elke sessie?

SKEDULE:

SESSIE 1

WANNEER: Dinsdag, 10 Oktober 

HOE LAAT: 14:30–16:30

ONDERWERP: Organiese Chemie


SESSIE 2

WANNEER: Woensdag, 11 Oktober 2023

HOE LAAT: 14:30–16:30

TOPIC: Tempo van Reaksies, Ewewigreaksies


SESSIE 3

WANNEER: Donderdag, 12 Oktober 2023

HOE LAAT: 14:30–16:30

ONDERWERP: Sure & Basisse, Elektrochemiese Selle


SESSIE 4

WANNEER: Dinsdag, 17 Oktober 2023

HOE LAAT: 14:30–16:30

ONDERWERP: Elektrostatika en stroomelektrisiteit


SESSIE 5

WANNEER: Woensdag, 18 Oktober 2023

HOE LAAT: 14:30–16:30

ONDERWERP: Meganika


SESSIE 6

WANNEER: Donderdag, 19 Oktober 2023

HOE LAAT: 14:30–16:30

ONDERWERP: Elektromagnetisme; fotoëlektriese effek Doppler effek

8. Hoe gaan ek die sessies bywoon waarvoor ek aansluit?

Alle sessies word oor Zoom gehou.

30 minute voor elke sessie begin sal jy ’n skakel per e-pos ontvang. Dit is die skakel wat jy moet gebruik om die sessie by te woon.

9. Wat as my Wi-Fi ophou werk, of die krag uitskop?

Indien dit gebeur sal jy nog steeds die opnames na die tyd ontvang om seker te maak jy mis op niks uit nie.

10. Hoe gaan ek my werkboeke kry?

Al jou werkboeke word via e-pos vir jou gestuur. Dit is in PDF-formaat. Jy sal die boeke kan uitdruk.

11. Moet ek vir al 6 sessies van die Meestersklas aansluit?

Ons beveel aan dat jy al 6 sessies bywoon. Dit is die beste waarde vir jou geld.

Jy het egter ook die opsie om enkele sessies by te woon. Jy kan ook kies om net die Fisika-sessies of net die Chemie-sessies by te woon.

12. Wat as daar een of meer sessies is wat ek nie kan bywoon nie? Kan ek nog steeds vir die volle Meestersklas inskryf?

Natuurlik!

Somtyds bots skedules. Dit hoef jou nie te keer om vir die volle Meestersklas in te skryf nie.

Ons sal nog steeds al die opnames en werkboeke vir jou stuur, al kan jy nie al die Zoom-sessies bywoon nie.

13. Wat as ek van my sessie vergeet?

Ons sal jou via e-pos en SMS herinner van jou sessie. Ons sal jou die dag voor elke sessie, asook die oggend van die sessie jou herinner om die sessie by te woon.

14. Mag ek vrae vra tydens die sessies?

Ja!

Ons wil hê jy moet soveel as moontlik baat by elke sessies.

Daarom moedig ons jou aan om vrae te vra.

Santie is mal daaroor wanneer leerders deelneem en vrae vra.

15. Sal daar breuke wees tydens die sessies?

Ongelukkig nie.

Ons wil hê dat jy die beste waarde vir jou geld kry. Daarom gaan ons die 2 ure optimaal gebruik.

16. Hoeveel leerders word per sessie toegelaat?

’n Maksimum van 30 leerders per sessie sal toegelaat word.  

’n Minimum van 5 leerders moet inskryf vir die sessie om voort te gaan. Die volle bedrag sal terugbetaal word indien enige van jou sessies gekanselleer word.

Geen waarborg

Jy stem ooreen dat Doc Scientia nie enige waarborg maak t.o.v. die resultate van enige stappe wat jy neem, of dit op die webblad genoem word of nie. Doc Scientia verskaf onderrigmateriaal en inligtingsbronne met die doel om die verbruiker van die webblad te help presteer tydens die eksamens. Nogtans erken jy dat jou finale sukses of mislukking die resultaat is van jou eie inspanning, jou omstandighede, en verskeie ander faktore buite die beheer en/of kennis van Doc Scientia.

Alle getuigskrifte is die waarheid. Die resultate wat ander verkry het is as gevolg van die beginsels op die webblad wat hulle toegepas het. Dit waarborg egter nie dat enige ander persoon soortgelyke resultate sal verkry nie. Deur die webblad te besoek of enige gedeelte daarvan te gebruik, stem jy ooreen dat jy ten volle verantwoordelik is vir jou eie resultate.

Facebook Ontkenning

Die webblad is nie deel van die Facebook-webblad of Facebook Inc. nie. Verder word hierdie webblad nie deur Facebook onderskryf nie. Facebook is ’n handelsmerk van Facebook Inc.

Alle regte voorbehou. 

Your cart is empty Continue
Shopping Cart
Subtotal:
Discount 
Discount 
View Details
- +
Sold Out